Welkom by Episode 6 van die She’s Gutsy Podcast!
In hierdie episode gesels ons met die ongelooflike AndriĆ«tte Georgiou. Sy is die stigter en eienaar van die geliefde Mondvol bakkery, die naaswenner van MasterChef Suid-Afrika (Seisoen 4), ‘n voormalige musikant, en ‘n ma.
Ons gesels eerlik oor haar reis van oorlewing na sukses. In 2021 is AndriĆ«tte weens die pandemie afgedank, en het sy uit absolute nood begin koeke bak net om die huur te betaal en die ligte aan te hou. Daardie oorlewingsmeganisme het gelei tot ‘n onverwagse MasterChef-reis en uiteindelik Mondvol, ‘n handelsmerk wat nou duisende koekies per dag uit ‘n fabriek in die Kaap lewer.
Ons praat oor die realiteit agter die skerms: die donker dae van depressie, die “messy middle” van ‘n besigheid skaal saam met ma-wees, en hoekom leierskap met ‘n “sagte hart” haar grootste superkrag as ‘n vroulike stigter is.
Hierdie is nie ‘n stywe onderhoud nie; dit is ‘n ware, “unscripted” gesprek oor moed, weerloosheid en hoe ‘n massiewe terugslag eintlik die begin van jou ware roeping kan wees. Gryp ‘n koppie koffie (en dalk ‘n Mondvol koekie!), en sluit by ons aan vir ‘n kuier met geen druk, geen opvoering en geen perfeksie nie.
Maak seker jy subscribe sodat jy nooit ‘n gesprek misloop nie! Ons sal ook baie graag van jou wil hoor in die kommentare: Wat was jou grootste “takeaway” uit AndriĆ«tte se storie?