In hierdie episode van die She’s Gutsy Podcast sit Juli saam met Suid-Afrika se eie spiesgooi-koningin en Olimpiese silwer-medaljewenner, Jo-Ané du Plessis (ook bekend as Jo-Ané Van Dyk) 🩷
Ons almal het gesien hoe sy Suid-Afrika se harte gesteel het op die wêreldverhoog tydens die Parys Olimpiese Spele, maar wat vat dit werklik om daar te kom? 🩷 Vandag stap ons weg van die blink medalje af en gesels oor die rou, ongeskrepte realiteit van haar reis. 🦡
Van haar kinderdae in die klein dorpie Heidelberg en die oomblik toe haar liefde vir atletiek begin het, tot die intense uitdagings van ‘n ernstige besering oorkom, Jo-Ané deel haar storie met absolute eerlikheid en grasie. 🩷 Sy vertel ook hoe sy haar lewe as ‘n elite-atleet juggle met haar dieetkunnde studies, hoe sy die intense druk van kompetisies hanteer, en wat dit vir haar beteken om waarlik “gutsy” te wees. Sy gesels ook oor haar 🦡
Hierdie is ‘n gesprek tussen twee atlete oor dissipline, opofferings, die krag van familie-ondersteuning, en hoe om aan te hou glo in jou drome wanneer niemand kyk nie. 🩷
Gryp ‘n koppie koffie (of luister tydens jou volgende oefensessie!), en sluit by ons aan.
Onthou om te SUBSCRIBE sodat jy nooit ‘n gesprek misloop nie! 🩷
Ons sal baie graag van jou wil hoor in die comments: Wat was jou grootste “takeaway” of inspirasie uit Jo-Ané se storie? 🩷
🩷 Oefen saam met die Gutsy Gemeenskap op ons App: www.gutsy.global
🩷 Volg ons op Instagram & TikTok: @gutsy_app @julipoeli_official
🩷 Volg vir Jo-Ané op Instagram: @joanevdyk