Welkom terug by die She’s Gutsy Podcast!
In hierdie episode gesels ons aanbieder, Juli Kleinhans, met die ongelooflike Mila Goussard, of soos die meeste van julle haar ken, Mila G. Met meer as 400 000 followers op TikTok (@woahmilag) is sy een van Suid-Afrika se mees herkenbare jong stemme, maar vandag delf ons ‘n bietjie dieper na die Mila agter Mila G.
Ons gesels oor haar grootwordjare in Stellenbosch, van die “weird” laerskoolkind wat fake YouTube-video’s met haar slime gemaak het, tot die meisie wat op 16 haar eerste platform gekry het. Mila deel eerlik oor die eensaamheid agter die followers: hoe sy vriende verloor het namate sy gegroei het, en hoe sy einde matriek met 100 000 volgers steeds heeltemal alleen gevoel het.
Ons praat ook oor haar egtheid (“what you see is what you get”), grootword met geskeide ouers en wat dit haar oor liefde geleer het, en hoe sy geleer het om haar Afrikaanse aksent te omhels nadat sy dit vir twee jaar weggesteek het. Sy is oop oor haar geloof, die kritiek en “cancel”-oomblikke wat daarmee saamkom, en hoekom sy weier om iemand anders te wees as wie sy is.
Hierdie is nie ‘n stywe onderhoud nie; dit is ‘n ware, “unscripted” gesprek oor autentisiteit, positiwiteit as ‘n keuse, om jou drome te volg al is dit ‘n bietjie unconventional, en die moed om onbeskaamd jouself te bly in ‘n wêreld wat jou heeltyd vra om iets anders te wees.
Gryp ‘n koppie koffie (of luister tydens jou volgende oefensessie!), en sluit by ons aan vir ‘n kuier met geen druk, geen opvoering en geen perfeksie nie.
Maak seker jy subscribe sodat jy nooit ‘n gesprek misloop nie! Ons sal baie graag van jou wil hoor in die kommentare: Wat was jou grootste “takeaway” uit Mila se storie?