In episode 15 van die She’s Gutsy Podcast gesels ons aanbieder, Juli Kleinhans, met Katinka Oosthuizen, een van Suid-Afrika se oorspronklike influencers, komediant en TV-persoonlikheid wat sy al sedert 2016 ken.
Die hele land ken Katinka se lag. Maar agter daardie lag is ‘n seisoen wat swaar gevoel het. Sy vertel eerlik oor hoe sy jonk getrou het, oortuig dat sy die regte pad volg, en hoe die lewe heeltemal anders geloop het as die prentjie in haar kop. Net toe alles onseker voel, gaan ‘n splinternuwe hoofstuk oop, en haar grootste droom word waar, net op ‘n manier wat sy nooit voorgestel het nie.
As jy al ooit gevoel het jou lewe moes teen ‘n sekere tyd ‘n sekere vorm gehad het, of as jy in die messy middle sit en wonder of jy ooit weer jouself gaan terugkry, dan is hierdie gesprek vir jou.
Hierdie is nie ‘n stywe onderhoud nie; dit is ‘n ware, eerlike gesprek oor moed, weerloosheid en heling. Geen druk, geen opvoering en geen perfeksie nie. Gryp ‘n koppie koffie (of luister tydens jou volgende oefensessie!), en sluit by ons aan vir ‘n kuier.
Ons sal baie graag van jou wil hoor in die comments: Wat was jou grootste “takeaway” uit Katinka se storie? 👇
Maak seker jy teken in (subscribe) sodat jy nooit ‘n gesprek misloop nie.
SADAG (die South African Depression and Anxiety Group) is 24/7 daar: bel 0800 567 567 of sms 31393. 🤍
🔗 Oefen saam met die Gutsy Gemeenskap op ons app: www.gutsy.global
📱 Volg ons op Instagram & TikTok: @shesgutsy
🎙️ Volg Juli: @julipoeli_official Volg Katinka: @katinkadiekat_official