July 15, 2026

Van assistent op stel tot Wyfie hoofrol. Wat dit werklik vat. | Mienke Ehlers S1E11

She's Gutsy
She's Gutsy
Van assistent op stel tot Wyfie hoofrol. Wat dit werklik vat. | Mienke Ehlers S1E11
Loading
/

Show Notes

Welkom by Episode 11 van die She’s Gutsy Podcast!

In hierdie episode gesels ons aanbieder, Juli Kleinhans, met die ongelooflike Mienke Ehlers, die aktrise en stilis wat jy dalk ken as Dalena, Mia op Wyfie, of haar huidige rol, Frankie.

Maar lank voor die kamera se lig ooit op haar geval het, was daar jare van stil, ongesiene werk. Mienke het as kelnerin, persoonlike afrigter en kosstilis gewerk, agter die skerms in die kostuum- en kunsdepartement, en het selfs dramaklasse in Malmesbury aangebied. Sy het omtrent vyf jaar lank oudisies afgelê sonder ‘n deurbraak.

Ons gesels oor die volsirkel-oomblik wat haar storie so besonders maak: sy het as rekwisiete-assistent op die Suidooster-stel gewerk, presies waar sy vandag ‘n hoofrol speel.

Ons praat eerlik oor die stil jare en die dissipline sonder enige waarborg, oor wat dit gekos het om dieselfde mens te bly agter elke rol, en oor geloof as die anker wat haar deur die swaar seisoene gedra het. Ons gesels ook oor die erkenning wat uiteindelik gekom het, die Silwerskerm-beeldjie en ‘n Safta-nominasie, en oor wat werklik verander het, en wat glad nie verander het nie.

Hierdie is nie ‘n stywe onderhoud nie; dit is ‘n ware, “unscripted” gesprek oor moed, weerloosheid, identiteit, en om aan te hou glo in jou droom wanneer daar nog géén waarborg is nie.

Gryp ‘n koppie koffie (of luister tydens jou volgende oefensessie!), en sluit by ons aan vir ‘n kuier met geen druk, geen opvoering en geen perfeksie nie.

Maak seker subscribe sodat jy nooit ‘n gesprek misloop nie! Ons sal ook baie graag van jou wil hoor in die kommentare: Wat was jou grootste “takeaway” uit Mienke se storie?

Oefen saam met die Gutsy Gemeenskap op ons Gutsy App: www.gutsy.global

Volg ons op Instagram & TikTok: @gutsy_app @julipoeli_official

Volg Mienke op Instagram: @mienkeehlers

Also Available on:

Show Name

Stay Connected

Amet minim mollit non deserunt ullamco est sit aliqua dolor do amet sint. Velit officia consequat duis enim velit mollit. Exercitation veniam consequat sunt nostrud amet.

New episodes

We publish WEEKLY on WEDNESDAYS, every week.

Be our guest?